Dr. Anton Prinsloo se nalatenskap sluit in die “Taalkruie”-rubriek in Volksblad, sy rits boeke oor onder meer die herkoms van woorde, spreekwoorde en bygelowe. Hy dien op verskeie taal- en adviesrade, o.a. die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die SAUK en die Nasionale Taalkommissie vir Afrikaans., Leon de Stadler studeer aan die Universiteit Stellenbosch en behaal in 1977 sy M.A.-graad en in 1983 die D.Litt.-graad. Vanaf 1976 is hy aan die Departement Afrikaans en Nederlands (US) verbonde, eers junior lektor, en later as lektor, senior lektor, mede-professor en vanaf 1993 as professor, met dokumentanalise en -ontwerp as sy spesialisterrein. Amanda de Stadler studeer van 1972 tot 1976 aan die Universiteit Stellenbosch en spesialiseer in onderwys vir kinders met leeruitdagings. In 1981 verwerf sy 'n vertalersdiploma aan die US en doen vryskutwerk tot sy in 2002 aangestel word as uitvoerende beampte van die Vriende van Afrikaans. In 2009 verwerf sy 'n M.Phil in Dokumentontwerp.