Johan Marais is een van Afrika se voorste reptielkundiges en -fotograwe. Hy maak ’n aansienlike bydrae tot reptielbewaring en het alreeds heelwat boeke en artikels oor die onderwerp geskryf. Marais is hoof uitvoerende beampte van die African Snakebite Institute en tree op as raadgewer vir hospitale en klinieke dwarsoor Afrika oor slange en slangbyte. Hy bied ook ’n verskeidenheid kursusse van bewusmaking oor en hantering van slange aan.