bokomslag Afrikaner-Sondebok?
Historia

Afrikaner-Sondebok?

Albert Blake

Pocket

339:-

Funktionen begränsas av dina webbläsarinställningar (t.ex. privat läge).

Uppskattad leveranstid 7-11 arbetsdagar

Fri frakt för medlemmar vid köp för minst 249:-

  • 352 sidor
  • 2021
Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wreldoorlog het Afrikaners s aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het. In die vroe 1930s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van n provinsie aangestel is. Hy was ook n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar. Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeu betrokke - van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering. Dit is n tydperk waartydens talle ismes hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme. In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroe 1950s as kommissaris van die Groepsgebiederade n ankerpunt van apartheidsbeleid aangestel is. Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei. Van Rensburg word dikwels as n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalk eerder n gerieflike sondebok vir die Smuts- en Nasionale Party-regerings.
  • Författare: Albert Blake
  • Format: Pocket/Paperback
  • ISBN: 9781776190867
  • Språk: Engelska
  • Antal sidor: 352
  • Utgivningsdatum: 2021-07-21
  • Förlag: Jonathan Ball Publishers SA